Redenaars

 LET WEL:  Laat inskrywings sal slegs aanvaar word teen ‘n heffing van 50% van die oorspronklike inskrywingsfooi. GEEN INSKRYWINGS sal na 19 April 2024 aanvaar word nie.

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag  12 April 204

Laat inskrywings sluit: Vrydag  19 April 2024

Kompetisies: Dinsdag 14 Mei  2024

Tydsbeperking vir die verskillende afdelings is soos volg:

Individuele Redenaars

Gr. 1 – 3 2 – 4 min
Gr. 4 – 5 3 – 5 min
Gr.6 – 7 4 – 6 min
Gr. 8 – 12 5 – 7 min

Spanredenaars

Gr. 1 – 3 5-7 min
Gr. 4 – 5 6 – 10 min
Gr. 6 – 7 8 – 12 min
Gr. 8 -9 10 – 14 min
Gr. 10 – 12 10 – 14 min

 

Lees ook Limpopo Eisteddfod se Algemene Reëls en vergewis u van beide stelle reëls.

INDIVIDUELE REDENAARS

  1. Toesprake moet BEREDENEREND wees; m.a.w. ‘n standpunt oor ‘n saak moet ingeneem word
  2. Daar is geen voorgeskrewe TEMAS nie – deelnemers kan dus ʼn tema van hul EIE KEUSE gebruik en ʼn onderwerp dienooreenkomstig beredeneer.
  3. Die inhoud moet bestaan uit ʼn logiese uiteensetting en beredenering van standpunte, ondersteun deur geloofwaardige bronverwysings, statistiek en/of navorsing.
  4. Toesprake vir Gr 1 – 3, moet twee of drie argumente bevat. Gr. 4 – 7, asook 8 – 12, drie of vier argumente.
  5. BRONNE: Alle bronne moet geloofwaardig wees; minstens EEN bron per argument.
  6. Toekenning van sertifikate vind in ooreenstemming met algemene reëls plaas
  7. 7. Alle reëls soos onder ALGEMENE REëLS geld ook vir hierdie afdeling.
  8. INSKRYWINGSFOOIE: Gr. 1 – 12: R220 per inskrywing.
  9. NB: Die TEMA en ONDERWERP van deelnemers moet met inskrywing op die webtuiste by hul registrasie aangebring word.
  10. TOEKENNINGS: ‘n Spesiale Sertifikaat sal toegeken word aan die beste redenaar in die volgende kategorieë: Gr. 1-3;  Gr. 4-7; Gr. 8-12.  Hierdie toekennings sal slegs gemaak word indien ‘n besonder hoë punt behaal word.

SPANREDENAARS

  1. Toesprake moet BEREDENEREND wees; m.a.w. ‘n standpunt oor ‘n saak moet ingeneem word.
  2. ‘n Span bestaan uit 4 lede. Die voorsitter is die inleier en stel die standpunt. Hy/Sy stel ook die ander sprekers aan die woord en vat gedagtes saam.  Die ander sprekers neem ‘n standpunt in oor die onderwerp met twee of drie argumente.  Argumente moet met geloofwaardige bronne ondersteun word.
  3. Die span word as ‘n eenheid beoordeel, dus is spanwerk tussen lede belangrik.
  4. Daar is geen voorgeskrewe TEMAS nie – deelnemers kan dus ʼn tema van hul EIE KEUSE gebruik en ʼn onderwerp dienooreenkomstig beredeneer.
  5. ‘n Program moet ingehandig word waarop die deelnemers se name en onderwerpe aangedui word.
    Geen dekoratiewe program word vereis nie.
  6. Die vereistes ten opsigte van die inhoud, struktuur en bronne van toesprake is dieselfde as dié in die individuele kompetisies.  Die belangrikste aspek is DIE WOORD en OORREDING.  Keurige en skeppende taalgebruik sal beter punte behaal.
  7. Hulpmiddels is slegs toelaatbaar as dit bydrae lewer om argumente te ondersteun. Dit moet egter met groot oorleg gebruik word.
  8. Toekenning van seëls op sertifikate vind in ooreenstemming met algemene reëls plaas. Slegs EEN sertifikaat sal aan elke span toegeken word.
  9. Alle reëls soos onder ALGEMENE REëLS geld ook vir hierdie afdeling.
  10. INSKRYWINGSFOOIE per span: Gr. 4  – 12: R500 per span .
  11. NB: Die TEMA en ONDERWERP van deelnemers moet met inskrywing op die webtuiste by hul registrasie aangebring word.

    Vir enige inligting of navrae met betrekking tot die Redenaarsafdeling, kontak asb. me Ans Becker by selnommer 082 457 8171, of admin@limpopo-eisteddfod.co.za

    Enter/Skryf in

    Shopping cart0
    There are no products in the cart!
    Continue shopping
    0
    preloader